Wednesday, November 25, 2009

Dit lyk my daar is meer ***** as mense in die wêreld

OK. Vanoggend word ek wakker en dink dat gisteraand se rant my beter laat voel het. Ek haal makliker asem. Die spiere in my skouers doen nie meer push-ups op hul eie nie. Life is bliss. By die werk maar ek my inbox oop en gaan deur die nuwe pos. Daar’s een van een van my users af oor werk wat ek die naweek gedoen het. “Ek het jou Saterdag gevra om dit en dat te doen. Ek het weer Maandag en gister daaroor gekla en nog niks is gedoen nie!” Huh? Wat nou? Ek was Saterdag af, maar het spesiaal die werk vir die ou gedoen.



Toe ek mooi gaan kyk het hy eers Maandag, nadat hy my die tweede keer gebel het en ek WEER my deel gedoen het, sy deel gedoen. *****! Niks sal werk as jy nie jou kant bring nie! Ek kan nie omelette maak as jy nie die ***** eiers lê nie! Nou kekkel hy van die kerktoring af soos ‘n hees haan dat ek te lui is om te werk! Ek het gister weer my kant gebring, maar die resultate sal eers vanaand beskikbaar wees, want Meneer die User het eers na die spertyd wakker geword.



Needless to say is my skouer en nekspiere weer besig om op hul eie te gym. Een van die dae lyk ek soos een van daai stoeiers op TV. Tensy ek in my kar klim en na die user toe gaan. Dan gaan ek soos een van die bodybuilders in die tronk lyk met my oranje overalls en die user se rugstring soos ‘n hangertjie om my nek.



Vloekwoorde: 3 (Dit was ‘n kort post)

Dodetal: 1 user is op die hitlist, maar hy’s nog veilig. Vir nou.

No comments:

Post a Comment